Gee jou kaart lewe, een prent op ’n slag
Straataansig “stik” miljarde panoramiese prente aanmekaar om ’n virtuele verteenwoordiging van ons omgewing op Google Maps te verskaf. Straataansig se inhoud kom van twee bronne af – Google en bydraers. Deur ons gesamentlike werk stel ons mense oral in staat om die wêreld virtueel te verken.
Watch the film
Link to Youtube Video (visible only when JS is disabled)
’n Visuele manier om te reis
360-prente help jou om te besluit waarheen jy wil reis en te weet wat om te verwag terwyl jy reis. Verken wêreldbekende bakens, galerye en museums op jou toestel, of besoek die verlede met Straataansig se historiese prente om te sien hoe ’n ligging met verloop van tyd verander het.
Waar Google volgende Straataansig-prente insamel
Ontdek waarheen ons volgende met die Straataansig-motor of die Straataansig-voetslaankamera reis.
Verken ikoniese Straataansig-liggings