Android Toeganklikheidstel is ’n versameling van toeganklikheidapps wat jou help om jou Android-toestel sonder om te kyk, of met ’n skakelaartoestel te gebruik.
Android Toeganklikheidstel sluit in:
• Toeganklikheidkieslys: Gebruik hierdie groot skermkieslys om jou foon te sluit, volume en helderheid te beheer, skermskote te neem, en meer.
• Hardoplees: Kies items op jou skerm en hoor hoe hulle hardop gelees word.
• TalkBack-skermleser: Kry gesproke terugvoer, beheer jou toestel met gebare, en tik met die braillesleutelbord op die skerm.
Begin só:
1. Maak jou toestel se Instellings-app oop.
2. Kies Toeganklikheid.
3. Kies Toeganklikheidkieslys, Hardoplees of TalkBack.
Android 6 (Android M) of nuwer word vir Android Toeganklikheidstel vereis. Jy moet Wear OS 3.0 of nuwer hê om TalkBack vir Wear te gebruik.
Toestemmingskennisgewing
• Foon: Android Toeganklikheidstel neem die foonstand waar sodat dit aankondigings by jou oproepstatus kan aanpas.
• Toeganklikheiddiens: Omdat hierdie app ’n toeganklikheiddiens is, kan dit jou handelinge waarneem, vensterinhoud ophaal, en teks wat jy tik, waarneem.
• Kennisgewings: Wanneer jy hierdie toestemming toelaat, kan TalkBack jou in kennis stel van opdaterings.
Opgedateer op
18 Nov. 2024