Google Play - Privaatheidbeleid vir Books
13 Oktober 2011 | Bekyk geargiveerde weergawe
Google se hoofprivaatheidbeleid beskryf hoe ons persoonlike inligting hanteer wanneer jy Google se produkte en dienste gebruik, insluitend Google Play. Hierdie bykomende beleid vir boeke op Google Play doen twee dinge: (1) dit beklemtoon belangrike bepalings van Google se hoofprivaatheidbeleid in die konteks van boeke op Google Play en (2) dit beskryf privaatheidpraktyke wat spesifiek vir boeke op Google Play geld.
Belangrike bepalings uit Google se privaatheidbeleid
Al die bepalings van Google se privaatheidbeleid geld vir boeke op Google Play. Onder andere beteken dit:
- Ons deel nie jou persoonlike inligting met derde partye nie, behalwe onder enkele omstandighede wat in die privaatheidbeleid beskryf word, soos noodgevalle of in reaksie op 'n regsproses. Vir gekoopte boeke gee ons verkoopsinligting aan uitgewers, maar ons gee nie persoonlike inligting nie. Vir gekoopte boeke waarin ons as die uitgewer se agent optree, gee ons inligting aan die uitgewer oor watter belasting ons ingesamel het, insluitend deelstaat, stad en poskode van die koper se faktuuradres. Google bied nie net boeke vanaf Google Play te koop aan nie, maar ook deur herverkopers (byvoorbeeld vir aankope op 'n herverkoper se webwerf of leestoestel). Ons programontwikkelaar-vennote gebruik ook Google se dienste om met Google Play te integreer, en gee aan jou toegang tot boeke vanaf Google Play op hul dienste. Wanneer jy 'n boek koop deur 'n herverkoper of die dienste gebruik van 'n programontwikkelaar, sal jy met jou Google-rekeninginligting moet aanmeld of 'n Google-rekening skep as jy nie reeds een het nie. Sodra jy aangemeld het, indien jy kies om jou Google Play-rekening met jou rekening by die herverkoper of programontwikkelaar te sinkroniseer, sal ons inligting oor jou boeke op Google Play met die herverkoper of programontwikkelaar deel (bv. al jou biblioteekrakke, titels, notas, laaste vyf bladsye van elke boek wat jy gelees het), behalwe inligting oor die verkoper(s) van wie jy jou boeke gekoop het. Die programontwikkelaar of herverkoper se hantering van daardie inligting (en enige ander inligting wat jy by die herverkoper of programontwikkelaar indien) sal beheer word deur die programontwikkelaar of herverkoper se privaatheidbeleid en nie ons s'n nie. Lees dus enige toepaslike privaatheidbeleid wanneer jy besluit om iets deur 'n herverkoper te koop of die dienste van 'n programontwikkelaar te gebruik.
- Wanneer jy boeke op Google Play gebruik, ontvang ons log-inligting soortgelyk aan wat ons in websoektog ontvang. Dit sluit inligting in soos die navraagterm of bladsyversoek (wat dalk boektitels of spesifieke bladsye binne-in 'n boek waardeur jy blaai, kan insluit), internetprotokol-adres, soort webblaaier, webblaaier se taal, die datum en tyd van jou versoek en een of meer webkoekies wat dalk jou blaaier of jou rekening uniek kan identifiseer.
- Tensy jy by jou Google-rekening aangemeld is, sal jou aktiwiteit op Google Play nie met jou Google-rekening geassosieer word nie.
- Jy kan besluit om opsionele kenmerke binne-in boeke op Google Play te gebruik (soos My biblioteek of gekoopte boeke) of ander opsionele Google-dienste (soos ons Webgeskiedenis-diens) wat 'n Google-rekening vereis en wat moontlik inligting uit boeke op Google Play kan ontvang en stoor, in samewerking met jou rekening. Books-kenmerke wat inligting saam met jou rekening stoor, sal jou die inligting wys wat jy gestoor het en jou toelaat om dit uit te vee (tensy ons deur die wet vereis word om dit te behou of vir wettige en beperkte besigheidsdoeleindes soos bedrogondersoek). Jy sal egter nie die rekord van jou aankoop uit jou Checkout-rekeninggeskiedenis kan uitvee nie (insluitend die titel van die boek).
- Google gebruik die inligting wat dit stoor vir die doel wat in Google se privaatheidbeleid bespreek word, insluitend om ons dienste te verbeter (byvoorbeeld om aanbevelings vir Google-produkte of -dienste waarin jy dalk belangstel, te verbeter), vir sekuriteit, en om oor saamgestelde gebruikertendense verslag te doen.
- Gebruikdata uit Google Play is onderhewig aan dieselfde sekuriteitstandaarde soos in ons hoofprivaatheidbeleid uiteengesit.
Praktyke kenmerkend vir boeke op die Google Play-produk
Die privaatheidpraktyke wat spesifiek op boeke op Google Play van toepassing is, is:
- Ten einde kontraktuele verpligtinge aan regtehouers wat boeke aan ons lisensieer, na te kom, dwing ons sekere sekuriteitlimiete af (byvoorbeeld om misbruikende deling van gekoopte boeke te voorkom, en om bladsykyklimiete op sekere boekvoorskoue af te dwing), en ons dwing ook limiete af op die aantal blaaiers of toestelle wat in 'n gegewe tydperk by 'n rekening kan ingaan. Ten einde limiete op aantal toestelle af te dwing, stoor ons die unieke ID-nommers van jou toestelle op ons bedieners. Jy kan 'n toestel-ID-nommer uitvee wanneer jy wil ophou om daardie toestel te gebruik.
- Jy sal 'n Google-rekening moet hê om boeke te koop, want rekeninginligting is nodig om toegang aan gebruikers te bied wat die boek gekoop het. Ons beperk die inligting (soos boeke se titels) wat ons aan kredietkaart-maatskappye voorsien, en maak dit vir jou moontlik om gekoopte boeke uit jou Google-rekening te verwyder. Jy sal egter nie die rekord van jou aankoop uit jou Checkout-rekeninggeskiedenis kan uitvee nie (insluitend die titel van die boek).
- Ten einde konsekwente leesposisie op alle toestelle moontlik te maak, en om nuttige navigasie binne 'n boek te voorsien, stoor ons net die laaste vyf bladsye in elke boek wat met die gebruiker se rekening gelees is. Ons stoor ook gekykte bladsye vir veiligheidsmonitering en/of as die gebruiker kies om die webgeskiedenis-diens te gebruik.
- Spesiale regsprivaatheidbeskerming vir gebruikers is dalk van toepassing in gevalle waar wetstoepassers of siviele litigante vir Google om inligting vra oor watter boeke 'n individuele gebruiker bekyk het. Sekere jurisdiksies het spesiale "boekwette" wat sê dat hierdie inligting nie beskikbaar is nie tensy die persoon wat daarvoor vra aan 'n spesiale, hoë standaard voldoen, soos om aan 'n hof te moet bewys dat daar 'n dwingende behoefte na die inligting is, en dat daardie behoefte swaarder weeg as die leser se belange om anoniem te bly ingevolge die Verenigde State van Amerika se Eerste Wysiging of ander toepaslike wette. In gevalle waar hierdie "boekewette" bestaan en op boeke op Google Play van toepassing is, sal ons hulle volg. Ons sal ook steeds bly veg vir hoë standaarde om gebruikers te beskerm, ongeag of 'n bepaalde "boekewet" van toepassing is. Daarbenewens is ons daartoe verbind om die betrokke gebruiker in kennis te stel indien ons so 'n versoek ontvang wat moontlik tot bekendmaking van hul inligting kan lei. As ons deur die wet toegelaat word en indien ons 'n doeltreffende manier het om die gebruiker te kontak, sal ons probeer om dit gou genoeg te doen dat die gebruiker die versoek kan teenstaan.
Vir bykomende inligting oor boeke op Google Play en privaatheid, sien asseblief ons gereelde vrae.